Canva – Gratis fotowysiger en grafiese ontwerper

Canva – Gratis fotowysiger en grafiese ontwerper

60 000+ GRATIS ontwerpsjablone vir sosialemediaprente, collage’e, plakkate ens.

Inligting Oor Die App


2.25.0
Android 4.1+
Everyone
10,000,000+
Get Canva – Gratis fotowysiger en grafiese ontwerper for Free on Google Play
4.7 (94.9%) 1,547,719 Stemme

App Beskrywing


Canva maak ontwerp ongelooflik eenvoudig (en pret)! 🙌 Skep asemrowende ontwerpe met jou foto’s en video’s—selfs al is jy nie ’n ontwerpkundige nie!

Of jy nou ’n Instagram-verhaal, logomaker of verjaarsdaguitnodiging benodig—skep ál hierdie grafiese ontwerpe en meer op Canva. Dit is beskikbaar op jou foon en rekenaar, so jy kan enige tyd en oral weer met jou ontwerp voortgaan.

Hoe om Canva te gebruik
1. Skep self ’n ontwerp of gebruik ’n ontwerp wat klaar gereed is
Skep ’n ontwerp op ’n skoon blad of bespaar tyd wanneer jy enige van ons 60 000 GRATIS professioneel ontwerpte sjablone gebruik.

2. Voeg teks by foto’s
Voeg maklik aanhalings of meer as een deel teks of foto’s by. Verander die font (ons het meer as 500 opsies!), grootte, kleur, spasiëring en posisie.

3. Gebruik die perfekte prent
Laai prente uit jou toestelmediateek op of kies uit ons mediateek van premiumfoto’s en -illustrasies.

4. Wysig prente soos ’n kenner
Gebruik ons gratis prentwysiger om fotofilters toe te pas, die helderheid te verander, vinjet by te voeg en meer.

5. Spog daarmee aan almal
Deel jou ontwerpe direk op Instagram, WhatsApp of per e-pos—of stoor dit eenvoudig op jou toestel.

Gebruik Canva vir sosiale media
• Instagram-storiewysiger en storiehoogtepunteskepper
• Skep Facebook-plasings en -omslagte
• Skep Twitter-baniere en YouTube-kleinkiekies
• Maak kaartjies, e-uitnodigings en fotocollage’e, en jy kan selfs Canva gebruik as ’n plakkaatskepper vir enige sosialemediagebruik

Gebruik Canva vir alles
• Skep ’n logo, boekomslag of blogontwerp vir enige projek
• Vir enige gebeure: verjaardagkaartjie-, troue-uitnodiging-of e-uitnodingskepper
• Eenvoudige en gratis prentwysigingstoepassing
• Fotocollage-, pamflet- of banierskepper vir enige geleentheid
• Ontwerp motiverende aanhalings en grapperigge meme’e
• Partytjie-uitnodiging-, skoolplakkaat- of videobanierskepper
• Vir besigheid: brosjure-, résumé-/CV-, aanbieding- of promoplakkaatskepper


Skep ontwerpe in ’n kits
Gebruik die soekfunksie om sjablone vinniger te vind. Tik jou tema in: "verjaarsdagkaartjie", "babafotocollage", "uitverkopingspamflet", “merk-die-datum-kaartjie,” "musiekplakkaatskepper" "sosialemediaplasing oor skoonheid" en meer. Voeg ’n video by jou volgende Instagram-storie om lewe daarin te blaas!

Werk saam op Canva
Skep ’n gratis span om ontwerpe maklik met vriende of kollegas te deel en saam te wysig. Werk saam om aanbiedings, besigheidskaarte, brosjures en ander ontwerpbenodighede te finaliseer. Gradeer op na Canva Pro om jou handelsmerkkleure op te stel en handelsmerkfonte op te laai.

Canva laat jou goed lyk
Gebruik Canva om uitnodigings, plakkate, logo’s, aanlyn uitnodigings of besigheidskaarte te skep—in enige situasie waar ontwerpe spoggerig moet lyk.

Kontak ons
Volg @canva op Instagram en Facebook vir eksklusiewe ontwerpwenke, bywerkings en funksies, asook nuus oor nuwe beskikbare ontwerpe.

Het jy terugvoer? https://canva.me/android/

---
Toestemmings:
READ_EXTERNAL_STORAGE: Voeg ’n prent uit jou fotomediateek by ’n sjabloon.

CAMERA/WRITE_EXTERNAL_STORAGE: Neem ’n foto in die toepassing om in ’n ontwerp te gebruik en dit in jou mediateek te stoor.

Changelog / Wat Nuut Is


Your most-requested features are currently being built and tested! ?️ In the meantime, we want you to have a better design experience each week — so here’s an update full of fresh fixes and improvements.
How can we help? Send your questions and suggestions to https://canva.me/android.
Happy designing! ?

Jy Hou Dalk Ook Van Hierdie Programme